Tuesday 3 June 2014





LIG


Julle is die lig vir die wêreld. – Matt. 5:14


Of jy nou daarvan hou of nie, maar as ‘n mens eers een keer sy lewe aan God gegee het en Christus in sy hart verwelkom het, ís ons die lig vir die wêreld.  En hierdie feit lê vasgelê in ons brein.  En dis waarom ons elke dag bid, “Laat Lig vanuit die denke van God, die denke van die mens helder verlig.”

Die Lig is daar – die Lig is onderliggend aan God se hele skepping.  God het gesê:  “Laat daar Lig wees, en daar was lig.”  Die Lig is dan ook die Intelligensie van alles wat bestaan.  Die swaeltjie wat hom laat migreer.  Die blom wat die mooiste skouspel van kleure vertoon.  Alles in die lewe is onderliggend aan heel Gods skepping.

Toe blaas God sy asem in die mens, en Hy gee aan die mens die vermoë om, as kind van God, skeppende werk te doen soos Hy.  En daarna kom Jesus en Hy sê ons is die Lig vir die wêreld!  Is jy???


Gebed:  Ek wil die lig wees, Heer!  Sal U my help asseblief?


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: