Thursday 5 June 2014





JY IS UNIEK


Met die koninkryk van God gaan dit soos met ‘n handelaar wat op soek is na goeie pêrels.  As hy ‘n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel.  -  Matt 13:45-46


Is ons gedurig besig om onsself met andere te vergelyk en dan minderwaardig te voel?  Is ons geneig om te sê:  “Ek wens ek kon meer soos ...”  of  “Ek wens ek was so deftig, so aangetrek of ryk soos ...”?

Ons het seker almal al sulke gedagtes gekoester.  Die waarheid is egter dat daar ongekende skatte binne-in elkeen van ons skuil.  Ons is almal unieke kinders van ‘n grootse hemelse Vader, en al deel ons hierdie wêreld saam met baie ander mense soos ons, is daar nie twee mense op die aarde wat presies dieselfde is nie.

Met ons eie talente en vaardighede is elkeen van ons gebore, en niks keer ons om dit te gebruik soos Jesus syne gebruik het nie, tot voordeel van ons medemens en ons wêreld.

Ons is waardevolle pêrels, unieke seuns en dogters van ‘n hemelse Vader, en ons wys ons dankbaarheid in die diens wat ons lewer tot seën van ons wêreld.


Gebed:  Ek is ‘n unieke kind van God.


~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: