Tuesday 2 October 2012





BESKERMING


Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee.  -  Ef.  6:11


Wapenrusting word beskryf as die dinge waarop mens vertrou vir beskerming, en in die Bybel beskryf Paulus die volle wapenrusting van God as:  “die waarheid … geregtigheid … die evangelie van vrede, … die skild van geloof.”

Vir my beskerming trek ek die volle wapenrusting van God aan.  Eerste trek ek die waarheid aan deur te bevestig dat ek ‘n kind van God is, beskerm en gelei deur my liefdevolle Vader, waar ek ookal mag gaan.  Ek trek aan geregtigheid, want my lewe is in ooreenstemming met die wet van God.  Ek trek vrede aan.  Ek weet die vrede wat ek uitstraal, sal ook vrede na my toe aantrek.  Maar bowe alles, trek ek die skild van geloof aan.  My vertroue is op God wat almagtig is en in staat daartoe om my volkome en sonder faal te beskerm.

Ek word geheel en al beskerm deur God, bedags en snags, tuis of weg.  Ek sien almal vir wie ek bid ook geklee in die volle wapenrusting van God.  Ook hulle is veilig en beskermd te alle tye.


Gebed:  Ek trek die volle wapenrusting van God aan.


~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: