Friday 5 October 2012





IN GODS LIEFDEVOLLE SORG


Laat U liefde en trou my voortdurend bewaak.  -  Ps. 40:12


Heer van my hart, hoe heerlik om te weet dat ek vandag – elke oomblik van hierdie mooi dag, veilig en beskut is in U liefdevolle sorg.

In U arms, so teer en sag, het ek vanoggend wakker geword, en sonder die geringste vrees of kommer, gaan ek hierdie nuwe dag tegemoet.  Dankie, Vader, vir die wonder van U liefde altyd daar vir my – U liefde en trou wat my voortdurend bewaak!

By my werk is dit ook U wat my verstand helder maak, sodat ek alles wat ek moet doen met sukses kan afhandel.  U lig, Heer, verhelder my denke, en maak my ‘n wenner op my pad van lig – dankie, Vader!  U liefde, Heer, waak oor my, en veilig en gerus ry ek, werk ek, en woon ek in my huis – dankie, Vader!

Met U lig in my gedagtes en U liefde in my hart, is vandag ‘n geseënde dag – ‘n dag waarin ek met vaste tred wandel in U lig, en met ‘n hart vol liefde ligbring-liefde gee aan ‘n ieder en ‘n elk wat my pad mag kruis.


Gebed:  U liefde, Heer, waak oor my.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: