Saturday 6 October 2012





TROOS


Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand.  -  Jes.  41:13


Wie vat ons hand as ons lewe rondom ons aan skerwe lê?  Wie vertroos ons as ons hart in duisend stukkies gebreek is?  Ons Here en ons God – Hy wat so sag en stil vir ons sê:   “Ek vat jou hand.”  En as ons ons hand uitstrek en dit in Syne lê, is dit Sy liefde wat so sag soos dou die wonde heel en weer lig bring waar eens duisternis was.

As jy eensaam en allenig is, is Ek hier.
As jy bang is, is Ek hier.
As jy in pyn is, is Ek hier.
Ek is hier wanneer jy bid, en selfs wanneer jy nie bid nie.
Ek is in jou, en jy is in My.
Al slaag jy nie daarin om My te vind nie, Ek sal jou nooit faal nie.
Al is jou geloof in My nog so klein, My geloof in jou wankel nooit nie, want … Ek ken jou, en Ek het jou lief.
Geliefde, hier is Ek!


Gebed:  Vat my hand, Heer!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: