Tuesday 17 November 2015

Vergewe








Vergewe


Wat is makliker?  Om te sê: “Jou sondes is jou vergewe,” of om te sê: “Staan op en loop”?  -  Luk. 5:23


As ek maar net nie daarin kan slaag om vir my malende gedagtes te sê, “Staan op en loop”, nie, omdat ek nie ‘n seer herinnering kan vergeet en ‘n ander of myself kan vergewe nie, het dit tyd geword om my tot my Heer te wend.  Net Hý kan my help om te doen wat ek nie uit my eie kan doen nie.  Net Hý kan my help om te vergewe.


God is krag, en in Sý krag binne-in my vergewe ek en gaan ek vry en bly voort op my pad van lig.


God is wysheid, en in Sý wysheid binne-in my, verstaan ek alles soveel beter, en dis soveel makliker om te vergewe.  My insig en begrip spoor andere ook aan om te vergewe en ‘n beter lewe na te streef.


God is liefde, en in Sý liefde ook in my, is ek liefdevol en vriendelik teenoor andere.  Hulle reageer daarop, en waar liefde en vriendskap aan die orde van die dag is, is daar vergifnis, en waar vergifnis is, kan álmal opstaan en loop.  Vry en bly, sonder énige lastige herinnering, staan ons op en ons loop!


Gebed:  Ek vergewe en ek staan op en loop!



Daelikse Woord




  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: