Tuesday 6 November 2012






MAAR JY HET BLY GLO ...



Ek sien jou getrouheid raak, sê die Here.

Daar was al baie kere dat jy jou rug op My kon draai.

Tye wat jy versoek was om handdoek in te gooi. Maar jy het nie.

Jy het bly glo ... al was jou geloof ook soms swak en wankelrig.

Ek het jou mosterdsaad geloof raakgesien.

Jy is soos Job getrou aan My, al het jou vriende teen jou gedraai.

Ek sien dit raak, sê die Here.

Ek waardeer jou liefde vir My deur dik en dun.

En Ek sal jou ook nooit in die steek laat nie.




~ Hansie ~


No comments: