Thursday 12 November 2015

Liefde maak *alles* anders ღ








Liefde maak alles anders



Hemelse Vader,



Ek loof U dat U my eerste liefgehad het,

dat u liefde my verander, nuut maak

en my in staat stel om ‘n kanaal van u liefde

na ander mense te word.

Dit is vir my onverstaanbaar dat U hoegenaamd

‘n sondaar soos ek kan liefhê –

maar, Here, u liefde vir my is inderdaad

sonskyn vir my hart.

U weet hoe dikwels ek nog faal om u liefdesgebod

‘n werklikheid in my lewe te maak –

U weet presies hoe belangrik ek vir myself is,

hoe moeilik dit vir my is om ander se belange

voor my eie te stel.

Help my asseblief om ander mense lief te hê

met dieselfde onselfsugtige liefde

waarmee U my liefhet.

Dankie dat die liefdesinisiatief altyd van U af kom.

Dankie ook dat U my in u Woord belowe

dat U my deur u Gees

in staat stel om ander mense so lief te hê

soos wat U vir my het.



Amen




Nina Smit  :  Liefde maak alles anders


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com