Sunday 8 January 2012





DIE ANTWOORD


Roep My aan, Ek sal jou antwoord.  -  Jer. 33:3


Ja, My geliefde kind van die Lig, Ek het jou oproep gister gehoor, en vandag gee Ek vir jou ‘n baie spesiale besem wat ek gelaai het met My Lig, My Liefde en My Krag, en al die seëninge van ons Hemelse Winkel.  Vat nou hierdie besem en vee al die spinnerakke, al die stof en versperrings in jou brein daarmee uit, en Ek sal weer jou denke helder verlig.

Vee die kommer, sorge en wrewel in jou hart uit.  My liefde sal oorneem, en jou hart sal ‘n hart word vol liefde en mense-deernis so ver jy gaan.

Vee al die vrese en twyfel en gevoel van swakheid uit jou gemoed, en my krag sal oorneem en jou weer op jou voete plaas – jy sal ‘n wenner wees!

Bêre nou hierdie besem op ‘n plek waar jy dit nooit kan miskyk nie.  Gebruik dit, en jy sal saam met My veilig en vrolik kan voortgaan met jou lewe so skoon en rein, altyd gereed om te gee wat jy kan en het om te gee, op hierdie tyd en op hierdie plek.


Gebed:  Dankie, Heer, vir die wonderbesem wat gebed is.


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: