Thursday 5 January 2012




LAAT LOS


Julle gees en gedagtes moet nuut word;  lewe as nuwe mense.  
Ef. 4:23-24


Enige tyd is reg om dankie te sê vir geestelike hernuwing.  Net soos bloeisels in al hul prag en skoonheid uit die doppe wat hulle gebonde gehou het, uitbars, so is ek ook vry om alles wat my gebonde gehou het in die verlede te los.

En as ek laat los en God laat oorneem, word ek bewus van die grootsheid van Sy polsende lewe in my en om my.  Ek aanskou die wonder van die ontluikende natuur, en word een met die wonder van Gods liefde en krag.

My denke is suiwer en skoon, want ek is vry van alle wrewel en onaangename herinneringe van die verlede.  Gods liefde vul nou die plek daarvan, en enige gedagte wat nog ‘n greintjie van twyfel in my gemoed wil saai, wis Hy onmiddelik uit.  Ek is rustig en ontspanne, bekommer my nie oor die toekoms nie, en is nie bang vir dit wat voor my lê nie.

Met nuwe oorgawe los ek alles wat my aangaan in God s bekwame hande, en is is heerlik, gelukkig en vry!


Gebed:  Ek laat los en laat God alles hanteer!


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: