Tuesday 10 January 2012





GODS ORDE


God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd. – Pred. 3:11


God het ‘n heelal van oneindige skoonheid en orde geskep. Blomme en bome, mere en strome, wolke en sterre – al hierdie skoonheid en orde in ons wêreld is ‘n rede om fees te vier.  Die orde van God is duidelik in die natuur, en ons verheug ons in die wondere van die wêreld om ons.

Ons geniet die harmonie en skoonheid om ons.  Die kleurryke sonsondergange en ontelbare skitterende sterre in die hemelruim vul ons met diepe ootmoed.  Maar ons is ook nie minder waarderend teenoor die skoonheid en orde van die mensekind nie.  Die liefde wat ons deel met andere, die vriendelikheid en begrip wat ons ondervind waar ons ookal mag gaan, die waardering vir die liefde van God wat ons saambind as broers en susters – al hierdie dinge herinner ons steeds aan die harmonie en skoonheid in ons en in andere.

Ons besef dat ons geseënd, nodig en geliefd is – want ons het ‘n belangrike rol om te speel in die harmonie van die wêreld.


Gebed:  Dankie, Heer, vir die orde in my lewe.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: