Monday 21 December 2015

Christus-gesind









Christus-gesind


Kom na my toe almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.  -  JESUS  (Matt. 11:28)


Ek weet hoe gejáágd julle lewens is, veral nóú gedurende die voorbereidings vir My verjaardag op Kersdag.  Ek sién hoe julle julle moet haas om álles gedoen te kry, en Ek wéét en verstáán dat julle soms bekommerd voel dat julle nie gaan regkry om alles suksesvol af te handel nie.  Maar dit is nie régtig nodig om só groot te gaan nie.  Ek sal gelukkig wees as julle alles net eenvóúdig kan hou – die belángrikste is dat julle net  sáám met My die dag gaan deurbring – *dit* sal my GROOTSTE verjaarsdag-geskenk wees, want daar is só baie mense wat hééltemal vergeet van My en nie ééns ‘n enkele woord met my praat op My verjaardag nie ... Ek begryp dit nie, hulle praat met ÁLMAL, maar nét nie met My nie ....  Soms ry hulle selfs na dorpe vêr van hulle tuisdorp om daar met mense te praat ... net nie met .... My nie ?


In julle haas om dinge gedóén te kry is daar miskien nét nie genoeg tyd om stil te word en met Mý te kom praat in gebed nie, óf om My hand te vat wat ek alrééds na julle uitsteek en tóé te laat dat My liéfde julle hárte binnevloei nie – en om gebrúík te maak van Mý lig in julle gedagtes en My krág tot oorwinning nie ...


Hóé onnodig om só uit harmonie te voel, terwyl julle wéét dat ek tog áltyd net daar bý julle is – áltyd gereed en maar net té bly dat ek vir julle kan help nie!


Word *stil*, vát My hand, en stil en óngemerk sal My gesindheid júlle gesindheid word.  En wanneer *dit* gebeur, sal julle van vreugde *sing* terwyl julle werk – julle sal vrólik en opgerúimd en vól afwagting wees vir Kersfees – sonder énige spanning, en *almal* om julle óók aansteek met hiérdie gesindheid wat in my wás en is en áltyd sal wees.  Hóé wonderlik sal dit net nie wees om een massa-koor van die aarde af te hoor wat kersliedere sing nie ....


Is één gebed té veel om te vra??  Kom na *Mý* toe!!



Gebed:  Ek *KOM*, Heer van my hart – *hier is ek* - vat my hand!



Uit Daelikse Woord Aangepas

  
  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






No comments: