Thursday 13 October 2011



DIE  EWIGE  NOU


Kom, want alles is nou gereed. – Luk 14:17 OV


In tyd lewe ons nou – nie op ‘n tyd of datum in die toekoms nie. Die lewe is ‘n heerlike avontuur, bedoel om nou en hier geniet te word.

Ek leef in die ewige nou.  Dis die dag wat die Here gemaak het, en ek sal juig en bly wees daaroor.  Ek soek en vind die goeie wat in hierdie oomblik skuil.

Ek leef in die ewige nou.  Ek tob nie oor die verlede en die foute en teleurstellings wat verby is nie.  In plaas daarvan besef ek dat nóú die aangewese tyd is vir Gods seëninge om my lewe vol en ryk te maak.  Ek sê dankie vir elke geleentheid waarin ek mooi herinneringe vir die toekoms kan saai.

Ek leef in die ewige nou.  Al my gedagtes en energie is toegespits op hierdie een mooi dag deur God aan my geskenk.  Nou is die tyd vir oorwinning.  Nou is die tyd om my seëninge in ontvangs te neem.

Ek leef in die ewige nou.  Ek is oop en ontvanklik vir die vreugde en geluk wat hierdie dag my bied.  Vrede vul my gemoed, en ek is seker daarvan dat ek vandag ‘n wenner sal wees!


Gebed:  Vandag is ek ‘n wenner.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: