Tuesday 11 October 2011



GELOOF


Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.  1 Petr. 5:7


Kyk ‘n bietjie om u.  Sien u die wonderwerkende krag van God in en deur alles aan die werk?  As u kyk na die natuur, kan u die wonder van sy werke raaksien in elke blaar, in elke grashalm? As u kyk na die geboue om u, na die paaie en brûe, kan u sien hoe Sy skeppingskrag indiwidue inspireer om sulke ingewikkelde vorms en strukture daar te stel tot voordeel van die mens.

As ons dan so in diepe ootmoed die wonder van Sy glorieryke werke om ons aanskou, hoe kan ons dan nog twyfel dat Hy ook by ons is – dat Hy ook in en deur ons werk om wondere tot stand te bring?  So seker as wat die nuwe dag elke oggend aanbreek, so standvastig soos die maan wat agter die son aan deur die hemelruim beweeg, so seker is God ook ‘n deel van ons lewens – nou en vir ewig. Nooit sal Hy ons begewe of verlaat nie.

Met  so ‘n wonderlike hemelse krag aan ons kant, durf ons elke dag met moed en krag aan. Stewig geanker in ons geloof in Hom, is daar niks waarvoor ons bevrees is nie – Hy sorg vir ons, vandag, môre en elke dag!


Gebed:  God sorg vir my!

~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: