Wednesday 12 October 2011




TROOS


Vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag. – Ps. 139:12


Dankie Heer, vir my lewe! Ek weet, wat ek ookal mag deurgaan, of dit nou aangenaam of pynlik is, U is altyd daar vir my, altyd gereed om my te vertroos en toe te vou in U liefde.

En as die laste te swaar word, en ek op my knieë sak, dan tel U my op en dra U my. Vir ‘n tyd sal daar net een ry voetspore in die sand wees, totdat ek in U krag weer op my eie voete kan staan, gereed om in geloof nuwe hoogtes te bereik.

As die pad voor my donker is en ek onseker, dan is dit U lig wat helder voor my uit skyn om my te lei.

As  ek twyfel of daar ooit mense is wat vir my omgee, dan leer U my van U liefde wat baie groter is as wat enige menslike liefde ooit kan wees.

As die wêreld om my in duie stort en onmin die oorhand kry, dan is dit U wat my leer dat ek U vrede in my hart kan oordra aan andere, deur self net stil en rustig by U voete te wees.

U Heer, is my krag en my sterkte, en die duisternis is nie meer donker nie.


Gebed: Dankie, Heer, vir my lewe in U.


~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: