Monday 10 October 2011





TUIN VAN MY HART

'n Tuintjie het ek vir my geplant,
waar "Dankies" weelderig groei.
Waar "Kan-ek-help" en "Kom-tog-weer",
en "ag-dis-niks-nie" bloei.
'n Bossie, "Bly-om-jou-te-sien",
'n Boompie, "Laat-my-toe".
En rye "Sit-tog-maar" is daar
En  "Kom-ek-wys-jou-hoe".
"Ekskuus" groei geil daar in my tuin,
En "Laggies" kol op kol.
Daar's plate en plate "Asseblief"
En "Soentjies" beddings vol.
Dan vra julle waarom in my tuin
daar soveel mooie goedjies groei.
Dan sê ek: "Dis omdat daar 'n liefde-stroompie vloei!"

No comments: