Thursday 13 October 2011




GEESTELIKE  SOEKTOG


Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.  Kol -  1:27


En dit is my geestelike soeke – ek wil Christus binne-in my vind en my eie maak, want Hy is my hoop op die heerlikheid.  Hoe wonderlik -  ek hoef nie ‘n berg uit te klim om die opwinding wat ‘n mens daar vind te ervaar nie.  Sonder om een enkele fisiese tree te gee, is ek op ‘n geestelike soektog, vol opwinding en ryk aan ervaringe.

Dit is op die hoofweg van die siel waarop ek my voete geplaas het, en hoe verder ek gaan op hierdie weg, hoe meer bewus raak ek van die wonder van hierdie hemelse teenwoordigheid diep verborge in my wese.

Ek soek Hom op in die môre, en sê dankie vir die dag met sy uitdagings, wat my geestelik al hoe sterker maak.  Ek soek Hom op in die aand en sê dankie vir die geleentheid om in Sy liefde te rus, en na gees, siel en liggaam, verkwik te word – gereed vir die volgende dag.

Om Christus in my te vind – my hoop op die heerlikheid, dit is my geestelike soektog!


Gebed: U heerlikheid in my, Heer, dit soek ek!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: