Monday 10 October 2011




DIE GEHEIM

Die koninkryk van God is binne-in julle.  – Luk. 17:21 OV

Gister nog het almal gekyk en begin wonder waarom ek dan so heerlik gelukkig en bly is, en dan mag hulle vir my vra:  “Wat het jy wat ek nie het nie, om die lewe vir jou so mooi en aangenaam te maak?”

En ek sal antwoord: “Dit wat ek het, het jy ook. Soek dit in jou gedagtes en in jou hart en jy sal dit vind. Dit is daar vir elkeen wat leef vanuit Gods koninkryk, en Hy wat woon in jou hart, sal jou hierdie wonder-koninkryk binne-lei.

Vind die Lig in jou diepste wese en jou siel sal begin leef.

Vind die Liefde diep verborge in jou hart en jou siel sal begin gee.

Vind die Krag van Hom wat woon in jou hart, en met ‘n lied in jou hart sal jy ontwaak en word wat jy is, en jy sal uit jou siel uit gee dit wat jy het om te gee. Wonder-vrugte vanuit ‘n wonder-koninkryk – dit is wat jy sal gee so ver jy gaan. En andere sal ook wonder waarom jy dan so gelukkig is.”

Gebed: U in my en ek in U – wat ‘n geheim! Dankie, dankie Heer!

~ Uit Daelikse Woord ~

No comments: