Thursday 1 March 2012





LEIDING


Hier is die pad, loop hierlangs.  –  Jes. 30:21


Enigiemand wat al iets nuuts probeer het, weet hoe belangrik goeie raad kan wees.

Dieselfde beginsel geld ook vir ons wat Gods leiding elke dag probeer volg. Deur Christus wat in ons woon, en altyd gereed is om ons by te staan, is al die leiding wat ons ooit mag benodig tot ons beskikking.

Toe Jesus Sy dissipels geroep het, het Hy net gesê: “Volg My.” Die leiding wat Hy hulle aangebied het, was nie net om hulle die dinge te leer wat vir hulle nodig was om te leer nie, Hy sou hulle ook vooruitgaan om hulle pad vir hulle makliker te maak. Deur voorbeelde het Hy andere geleer. Aan Sy dissipels het Hy die weg getoon wat hulle moes volg.

Die wonder van alles is dat ons ook ‘n Leidsman het op wie ons kan vertrou. En hierdie Leidsman is so na aan ons – Hy woon sommer binne-in ons, in ons harte. Een minuut van stilte is genoeg om Hom te bereik, een minuut van stilte is vir Hom genoeg om ons te lei op Sy pad van lig.


Gebed:  Dankie Heer, dat U net een minuut ver is.


~ Uit Daelikse Woord ~

No comments: