Thursday 1 March 2012





VERTROUE

Ek is die Here jou God … moenie bang wees nie, Ek is by jou. – Jes. 43:3,5

Dit is Gods Heilige Gees wat in my woon, wat my altyd daarvan verseker dat alles wel is. Met my gedagtes toegespits op hierdie waarheid, voel ek veilig en tevrede net hier waar ek my nou bevind.

As ek bewus word van die geringste gevoel van onveiligheid, ontspan ek met die woorde: Gods Heilige Gees woon in my, en ek lewe, beweeg en bestaan in hom. Of ek nou met ‘n nuwe werk begin of nuwe verantwoordelikhede op my neem in die werk waarmee ek besig is of tuis, of ek nou op reis saam met ander gaan of meer tyd alleen tuis deurbring, ek weet my Heer is altyd by my em met my, en in Sy liefde en sorg verloop alles ordelik en reg.

Waar ek ookal mag wees. Daar is God. Wat ek ookal poog om te oorkom, God is by my. Hy help my en in Sy krag sal en kan ek oorwin.

Ongeag omstandighede, ongeag die plek waar ek my mag bevind, in Sy liefde sal Hy my versorg en vertroos op ‘n manier wat vir my die heel beste sal wees.

Gebed: Ek is rustig en tevrede want my Heer sien na my om.

~ Daelikse Woord ~


No comments: