Monday 3 September 2012





GODGERIGTE  STREWE


By U is die fontein van die lewe.  -  Ps. 36:10 (OV)


Die mens is gedurig op soek na opwinding en avontuur.  Hulle vind berge om te klim, oseane om oor te steek en die onbekende om te ontgin.

Daar is egter ‘n baie groter en belangriker reis wat my toewink – ‘n ontdekkingstog wat my lei tot die grootste ontdekking van alle tye, die ontdekking van die Gees van God, Christus self, wat binne-in my woon, en met entoesiasme reageer ek hierop.

My strewe is heilig – dis ‘n strewe wat my lewe vir ewig kan verander.  Doelgerig gaan ek voort op hierdie weg, want ek vervul ‘n innerlike strewe wat nie meer ignoreer kan word nie.  Dis Sy Gees in my wat my uitdaag om die oneindige moontlikhede my toebedeel in Sy lig, liefde en krag, te ontdek en met geloof antwoord ek op Sy roepstem.

My reis is na binne – na die stilte van my Siel waar my Heer op my wag.  Ek begin hierdie reis, nie met soveel fisiese treë nie, maar met geloof, en maak só ‘n groot sprong in my strewe na hemelse ontdekkings.


Gebed:  Ek is op soek na die fontein van die lewe.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: