Thursday 6 September 2012





VRY


Van nou af laat Ek julle nuwe dinge hoor.  –  Jes.  48:6


Die wonde en die seer van gister is weg en die griewe van die verlede is verban.  My gedagtes is verhewe, my gevoelens is genees en net liefde heers in my hart.  Vandag is nuut en ek is nuut.  Ek is vry, vry, vry, gelukkig en vol vrede!

Ek kyk met liefde en waardering na die mense in my lewe.  Ek herberg geen kritiek of veroordeling nie.  Daar wel ‘n nuwe gees van liefde en vergifnis en begrip in my op en ek vergewe en vergeet die foute van die verlede.  Vandag is ‘n dag van harmonie en vrede, ‘n dag om te seën en tot seën te wees.

Gister se geloof in siekte, gebrek en ongelukkigheid vorm nie vandag deel van my gedagtes nie.  Vandag reageer ek op ‘n positiewe manier op die uitdagings van die lewe.  Ek verheug my in die besef dat ek nie aan enigiets negatief gebonde is nie.  Vandag is ‘n nuwe dag, ‘n nuwe begin.  Ek is ‘n nuwe ek!  Ek is bly om te lewe!


Gebed:  Dagsê nuwe dag!   Dagsê nuwe ek!   Ek is bly om te lewe!  Baie dankie Dierbare Here!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: