Saturday 8 September 2012





LAAT LOS LAAT GOD


Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. – Kol. 1:27


Weet u dat daar binne-in u ‘n krag skuil wat onoorkomelik is?  Niks kan hierdie krag oorwin of aan bande lê nie.  Dit is die krag van u eie inwonende Christus.

Nou, op hierdie oomblik, wag die krag van Christus om deur u gebruik te word.  U hoef nie te spartel en te spook om alles reg te laat uitwerk nie.  Die bron wat binne-in u is, stel u in staat om ‘n wenner te wees in die lewe.  Nader Hom net in gebed, gee die leisels van u lewe oor in Sy bekwame hande, glo dat Hy in beheer is van alles wat u aangaan, volg die leiding soos Hy dit aan u stap vir stap openbaar, laat los en laat Hom toe om oor te neem.

Probleme verdwyn in die niet as u Sy liefde, lig en krag deur en om u laat skyn en werk.  ‘n Heerlike gevoel van vryheid en blydskap sal u hart binnevloei – so asof ‘n gewig van u skouers afgerol het.

As u laat los en God laat oorneem, moet u net onthou dat die krag van Christus wat nou in u en deur u werk, van u ‘n wenner maak.


Gebed:  Ek laat los en laat God oorneem!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: