Monday 3 September 2012






SY STEMPEL

Wie het die lied van die Lente geskryf
op maat van die wieke van die wind?
Wie het die voëltjies so vrolik leer fluit;
die stroompies wat kabbelend klink?
Wie het die natuur uit sy slaaptyd gewek
en in kleure getooi vir ‘n fees;
die saadjies gevra om tot wasdom te kom
en die toonbeeld van lewe te wees?
In elke bergketting, in elke molekuul
bespeur ons die Skepper se hand,
en elkeen bevoorreg om dit te mag sien of hoor,
se hart sal bewonderende brand.
Op al hierdie skoonheid, liefde, geluk –
het die Skepper sy stempel van Lig afgedruk.

No comments: