Tuesday 11 September 2012





HELING


Ek sal jou gesond maak, jou wonde genees, sê die Here. – Jer. 30:17


Heer, in gebed nader ek nou U troon van genade, en besef opnuut hoe na aan U ek werklik is.  My gedagtes en my woorde rig ek tot U, o God, en my liggaam reageer op die werke van U helende krag wat nou in en deur my straal.

In U Heer, lewe ek.  U lewe is my lewe – dit wat my laat lewe en asemhaal.  Diep in my wese raak ek die bron van U lewensenergie aan – U lig skyn in en deur elke sel en atoom van hierdie liggaam,  U liefde skep harmonie in die werkinge van hierdie liggaam, en U krag is die krag wat my keer op keer laat opstaan en loop, hernu na gees, siel en liggaam.

Elke dag sonder ek tyd af vir gebed – ek maak dit deel van my daaglikse lewenspatroon.  Hierdie gebed van my neem verskillende vorms aan – dit kan net ‘n gedagte wees wat my herinner aan U teenwoordigheid in my, dit kan in woorde gesê word, of net ‘n blye afwagting op ‘n seën wees.

Heer, my bede is vandag dat ek nie een oomblik mag vergeet van U liefde, lig en krag so vrylik tot my beskikking nie.  Help my Heer, om dit te gebruik.


Gebed:  U lewe Heer, is my krag en my sterkte!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: