Wednesday 1 August 2012





‘N NUWE DAERAAD


Ja, jy sal die moeite vergeet;  soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.  -  Job 11:16


Hoe welkom is die môreson na ‘n donker nag!  Na ‘n tyd van leed en ongelukkigheid, hoe welkom is die daeraad van Lig!

‘n Nuwe dag het vir my aangebreek, ‘n nuwe pad lê voor my oop.  Al die ou seer en die ou ongelukkigheid is soos water wat verbygeloop het.  Ek waardeer en troetel alles wat goed en mooi was in my lewe en die res vergeet ek.

Ek is ook daartoe in staat om ander mense op te dra aan die onderskragende, vrymakende liefde van God.  Vandag is ‘n nuwe dag in my lewe, ‘n dag van lig, ‘n dag van nuwe toewyding, ‘n dag waarin ek die liefde van God geniet en vervul is met ‘n nuwe gees.

Hoe wonderlik is die lewe!  Hoe allesomvattend is God se liefde vir my!  Hoe vry is ek om te groei in die geloof, om hierdie dag gelukkig, vol vertroue en met blydskap in te gaan.


Gebed:  My gees is hernu en ‘n nuwe dag het vir my aangebreek.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: