Friday 17 August 2012










DIE OPROEP


Ek wil jou raad gee en my oog op jou hou.  -  Ps. 32:8


Dierbare Heer, woorde ontbreek my as ek moet sê wat U teenwoordigheid in my lewe vir my beteken.  En hoe groot die seën – die wete dat U altyd weet wat in my hart omgaan – dat U die geringste fluistering hoor en weet hoe lief ek U het.

U Heer, is my hemelse Vader, en soos ‘n vader sy kind vertroos, so vertroos U my – soos ‘n vader sy kind lei en onderrig, so lei U my in U spore van geregtigheid en ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my, elke oomblik van elke dag.

Alles wat ek is en alles wat ek het, Heer, gee ek aan U.  Aan U wy ek my hele lewe – my gedagtes, my woorde en my dade.  Die liefde wat ek my naaste betoon, getuig alles van die grootste waarheid van U liefde in my hart.

Dankie, dierbare Vader, dat U my gelei het toe ek verlore was.  Dankie dat U liefde toe dit vir my gevoel het niemand het my meer lief nie.  Dankie vir U vrede waarmee U my geseën het toe dit vir my gevoel het daar is nêrens ‘n plekkie waar ek ooit weer rus vir my siel sal vind nie.  Dankie Heer, vir U.


Gebed:  Dankie Heer, vir U oog oor my!


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: