Saturday 11 August 2012






ONTDEKKING


Hy gee lig in donker dieptes,  Hy maak donker plekke lig. 
Job.  12:22


Dikwels wonder ons, wat gaan hierdie nuwe dag ons bied?  Maar het ons al ooit gewonder, wat gaan ons vir hierdie dag bied?  Want dít wat ons gee, bepaal wat ons gaan terug ontvang.  Ons ken almal die gesegde, glimlag en die wêreld glimlag vir jou terug.  Sal ons dus hierdie dag met ‘n glimlag benader?  Sal ons dit beskou as ‘n nuwe ontdekkingstog?

Wat mag ons alles ontdek?  As ons dit met ‘n lied in die hart benader, mag ons nuwe talente, nuwe geleenthede en nuwe vriende ontdek.  Ons mag ook die wonder en vreugdes van die alledaagse herontdek, in ons huis, in ons werk of omgewing.  Ons liefde vir iemand mag dieper word, en ons waardering vir die mense, plekke en dinge in ons lewe mag nuwe betekenis kry.

Die liefde in ons harte maak die ontdekkingstog wat hierdie dag ons bied, een groot vreugde.  Almal met wie ons te doen kry, sien ons in die lig, elkeen besig met sy eie ontdekkingstog wat ons steeds nader lei aan Gods koninkryk van lig.


Gebed:  Dankie Heer, vir U lig vandag!


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: