Thursday 2 August 2012





GOD SE BLOMTUIN


Ons is almal deel van die blomtuin van God.  Elke blom bestaan uit meer as een blaar – so het ons mekaar nodig om ‘n blom vir God te vorm.  Soos die reën vir die blom voedsel is, so is Gods liefde vir ons voedsel, en bind dit ons met genade aan Hom.

Ons is die blom, die Heilige Gees die stam, en God die wortels wat die blom staande hou teen die storms.  Met so ‘n wortelstelsel en stewige stam kan ons elke dag met blydskap vorentoe beweeg.

Kom ons lig ons koppe op sodat ons die mooie in die lewe wat God so oorvloediglik op ons uitstort kan sien.  Oog omhoog in Sy krag, vergeet ons van onsself, reik ons uit na andere en help hulle om weer regop te staan.

Kom ons help om hierdie blomtuin te omskep in ‘n lushof deur die vreugde en lewensblyheid wat ons uitstraal soos die blom sy geur uitstraal.

Kom ons trek alles wat nie van die lig is nie, uit, en bied God ‘n pragtige tuin, ryk aan kleur en geur, tot Sy eer …. 

Ons trek alles wat nie van die lig is nie uit, Heer, en bied U ‘n pragtige tuin, ryk aan kleur en geur, tot U eer – dankie, dankie Vader, dat ons, oog omhoog in U krag, dit kan doen!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: