Saturday 25 August 2012





GOD MET MY


En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan.   
-  Gen. 28:15 OV


Waar jy ookal mag gaan en wat jy ookal mag doen, onthou Ek is altyd met jou, en, Ek het jou lief.  Tot in die verste uithoeke van die aarde, volg My liefde jou.  Ek sal jou lei en rig op al jou weë.

Jy kan maar ontspan, en jou veilig koester in My eindelose liefde wat steeds oor jou waak.  Daar is niks wat jy kan doen wat tussen jou en My liefde vir jou kan kom staan nie.  Niks wat jou kan skei van My sorg en liefde vir jou nie.

Raak ontslae van al jou kommer, al jou vrese, ja, van enigiets wat enige twyfel in jou laat ontstaan.  Vertrou op My met jou hele hart, en Ek sal jou die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan.

En net soos Ek altyd by jou is, is Ek ook altyd by jou geliefdes.  Vertrou op My sorg en liefde ook vir hulle, want hulle word daagliks omvou in My ewige liefde waaraan daar geen perke is nie.

Onthou, geliefde, Ek is altyd met jou, en Ek sal jou rus gee.  ‘n Diep, hemelse rus, dit is wat Ek vir jou gee.


Gebed;  God is met my!


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: