Sunday 19 August 2012









GOD IS DIE ANTWOORD


Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.  -  Jer. 33:3


Heer, U het my oproep gehoor, en ek is seker daarvan U sal my antwoord.  U lig skyn helder op my lewensweg, en in ‘n wêreld vol moontlikhede lei U my na dit wat vir my die heel beste is.

In die krag van U lig en liefde in my hart, styg ek uit bo enige uitdagings.  Ek kom nie in versoeking nie want U, Heer van my hart, hou my hand stewig vas sover ek gaan.

U weet wat my behoeftes is, Heer, U weet waarvoor ek vra.  Maar U weet ook wat die beste is vir die groei van my siel, daarom laat ek die antwoord op my oproep onvoorwaardelik in U liefdevolle hande, en ek weet net dit wat tot my heil sal strek, en ook tot die heil van hulle vir wie ek bid, kan en sal geskied onder U troue sorg en liefde.

Net die wete dat U stap vir stap met my is, is alreeds vir my die antwoord op al my bede.  Dankie vir die wonderlike wete, Heer!


Gebed:  Hou my hand styf vas, Heer!


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: