Monday 27 August 2012









LEIDING

Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg.  Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.  -  Ps. 32:8

Hoe heerlik die wete – my Heer onderrig my en leer my die pad wat ek moet volg – Hy hou Sy oog oor my en gee my raad.  Oortuig hiervan, met ‘n hart vol lof en dank, wandel ek voort, hand aan hand saam met Hom, gereed vir wat ookal vandag op my wag.

Hy voorsien aan my die bronne wat my van genoeg energie voorsien.  Ek eet gesond en dank my Heer vir al die voedsame kosse tot my beskikking.  Sy lewensenergie verkwik my na siel en liggaam.

Hy voorsien aan my die wysheid om elke toets te slaag – die wysheid om andere te lei en sekere rigtingwysers te verstaan en op te volg.  Alles wat ek doen, verloop ordelik en volgens plan.  Ek handel my werk maklik en met welslae af.

Hy voorsien my van die nodige fisiese en emosionele krag om vandag die dinge te doen wat ek moet doen.

Met genoeg tyd, energie, wysheid en krag vrylik tot my beskikking, is ek vandag ‘n wenner!

Gebed:  U Heer, maak my ‘n wenner!

~ Uit Daelikse Woord ~

No comments: