Wednesday 15 August 2012






GOD SE LIEFDE


Deur elke sonsopkoms en sonsondergang

Deur elke voëlgesang vroeg in die môre

Deur elke glimlag wat jy uitdeel of ontvang

Deur elke kinderlaggie wat jy hoor

Deur elke blom wat oopkelk en toegaan

Deur elke boom wat groei, en die hemel so blou

Deur elke reënstorm en die wind wat waai

Deur elke dier – groot of klein

Deur elke mens wat jy liefhet of jou bemin

Deur dit en alles nog meer, wys God Sy liefde aan ons.

Hy het ons geskape na Sy wil, en dit is Sy manier,

Om aan ons Sy ewige liefde te bewys.


~ Ann Dennis ~


No comments: