Wednesday 22 August 2012






LIGBRING  LIEFDE


God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd genoeg kan hê en volop kan bydra tot elke goeie werk.  -  2 Kor. 9:8


Hoe heerlik geseënd is my lewe nie, altyd omvou in die liefde van my Heer.  Uit die oorvloed van Sy liefde ontvang ek en gee ek, om so ook andere te seën in die wonder daarvan.

Dis liefde hierdie wat lig bring – dis liefde wat heel en genees waar heling nodig is – dis liefde hierdie wat van mens tot mens vloei, en die lewe al hoe skoner en mooier maak vir my en vir my medemens.

Die naam van hierdie soort liefde is ligbring-liefde, en hoe goed weet ons Ligvriendekring nie wat Ligbring-liefde beteken nie.  Ons noem onsself Ligvriende, en daarom kan ons met liefde lig bring waar duisternis heers.

‘n Vriendelike woord of glimlag, so maklik om te gee, kan die lig laat opgaan vir iemand wat verlore en alleen is.  Uit ons oorvloed gee ons wat ons kan gee, waar ons kan, soos ons kan, en sê dankie dat God ons so kan gebruik.


Gebed:  Dankie, Vader, vir U liefde wat lig bring.


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: