Monday 6 August 2012






TROOS


En mag ons Here Jesus Christus self … julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke!  -  2 Tess.  2:16-17  OV


As ons ‘n geliefde aan die dood afgee, word ons baie hartseer en eensaam agtergelaat.  Hierdie gevoelens is deel van die rouproses.  Dit is darem bemoedigend om in tye soos hierdie te weet dat, hoe verskeur ons harte ookal mag wees, die lewe voortgaan en ook hierdie pyn sal verbygaan.  En as ons ons Heer se hand vat, sal ons opnuut besef hoe lief Hy ons werklik het.

Nog ‘n troos as ons ‘n geliefde verloor het, is die wete dat die liefde wat daar tussen ons was, iets ewig is, en dat hiedie skeiding wat ons miskien nou mag ervaar, net tydelik van aard is.  In die gees bly ons een.  Seker van hierdie band van liefde wat ons immer bind, kan ons ons geliefde in Gods sorg plaas.  Ons kan rus vind in die wete dat hy/sy toegevou is in ‘n mantel van lig.

As ons ‘n gewoonte maak om ons innerlike Christus gereeld in gebed te nader, sal ons vind dat ons altyd oor die nodige krag beskik om die uitdagings van die lewe te verwerk.


Gebed:  Dankie Heer, vir U liefde wat ons vertroos.


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: