Saturday 10 December 2011





EK STAAN OP!


Ek is die opstanding en die lewe – Jesus.    
Joh. 11:25


Onthou u nog hierdie teks – Jesus het dit self gesê, en hoe het Hy net nie opgestaan nie!

Ja, sê u miskien, dit was maklik vir Hom om dit te sê en dan ook reg te kry, want Hy was immers die Seun van God.

Maar wat het Hy nog gesê?  Alles wat Ek doen kan julle ook doen, omdat  Ek na my Vader gaan.  My krag is nou ook julle krag, want Ek en my Vader is een.

Dié geseënde woorde van Jesus is so oorweldigend, dat ons maar liewer in ons hoekie gaan sit en wegkruip vir al die lig, liefde en krag wat Hy is, en Hom los om alles vir ons te doen.

Maar dan gebeur die onverwagte – ons lewe stort in duie om ons!  Uitdagings waarvoor ons te staan kom word berge – vol twyfel en vreesbevange bid ons – Here, red my!  En die wonder van hierdie Seun van God is reeds sy eindelose liefde.  Hy lei ons, Hy rig ons op die regte pad vir ons, Hy tel ons op en dra ons as ons nie meer kan nie, tot ons weer op ons eie voete kan staan!


Gebed:  Ek staan weer op, soos Jesus!


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: