Thursday 8 December 2011




MY BEDE


En kyk, Ek is met julle al die dae.  – Matt. 28:20 OV


Dit is my gebed:


Dat ek een dag op ‘n keer kan lewe – een tree op ‘n keer.

Dat ek die krag en moed mag hê om aan te hou met aanhou.

Dat my besluite reg en goed mag wees.

Dat ek die moed mag hê om die verlede te laat vaar en die toekoms vry en bly binne te gaan.

Dat ek die genade mag hê om elke ondervinding met moed en durf te benader, en die seën daarin te vind.

Dat ek die geloof mag hê dat God altyd daar is vir my en my geliefdes.

Dat ek met die oë van my siel mag kyk, en net dit wat mooi en goed is in almal sien.

Dat ek nooit mag vergeet hoe na aan my Heer ek werklik is nie.

Dat ek mag weet dat die Ewige Arms onder my is, en dat my Heer met my is, al die dae.


Dit is my gebed.


Gebed:  God is altyd daar vir my!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: