Sunday 4 December 2011





VERGEWE


Vader, vergewe hulle.  -  Luk. 23:34


Here Jesus, vandag dink ons aan U.  Ons dink na oor wat U met ons probleme sou gedoen het.

As u vandag hier was en in ons strate gestap en in ons vliegtuie gery het, sou u ‘n ander soort wêreld gesien het, maar U sou ook geweet het dat die mens maar nog net ‘n mens bly.

Here Jesus, ons het groot behoefte aan die gees van vergewensgesindheid wat U so selfloos uitgelewe het.  Ons het behoefte daaraan om daagliks te bid:  Ek vergewe, en ek word vergewe.”

As elke mens in elke land sou bid vir ons liefdelose gedagtes, sou ons nuwe mense in ‘n nuwe wêreld wees.

As ons almal saam om vergifnis sou bid, sou hierdie wêreld wees wat U vir ons bedoel het om te wees.

Here Jesus, in geloof reik ons uit na U.  Help ons om andere te vergewe, maar ook om onsself te vergewe, oortredinge waarvan ons bewus is – maar ook oortredinge waarvan ons nie bewus is nie.


Gebed:  Ek vergewe en ek word vergewe.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: