Friday 9 December 2011




GENADE


Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.
Joh. 1:16


Tradisioneel is Kersfees die tyd waarin ons die geboorte van Jesus vier, sowel as die boodskap van liefde en welwillendheid wat Hy na ons planeet toe gebring het bykans twee duisend jaar gelede.  En tog, hoe kosbaar Kersfees ookal vir ons mag wees as ons daaraan dink dat dit ook die geboorte van genade, van waarheid en ewigdurende vreugde is.

Gods genade vul ons met ewigdurende blydskap!  Saam met die jubelgesange van Kersfees jubel ons hart van blydskap oor die wonderlike gawes deur ons hemelse Vader aan ons geskenk wat ons nou raaksien en waarvoor ons nou dankie sê.  Deur Sy genade sien en ken ons Gods eindelose liefde, en die vreugde wat ons ervaar, is dieper en groter as wat ons nog ooit ervaar het.

God gee ons alles wat ons ooit nodig mag hê, en nog baie meer, omdat ons Sy geliefde kinders is.  En in Sy genade gee Hy aan ons die waardevolste geskenke van alle geskenke – Hy gee aan ons ewige lig, liefde, lewe en blydskap.


Gebed:  Gods genade laat my siel sing van blydskap.


~ Uit Daelikse Woord ~


No comments: