Saturday 3 December 2011





VRY


Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees.  -  Galas. 5:1


Christus het ons vry gemaak, maar is ons werlik vry?  Is ons vry van alle kommer en sorge, van vrese en ongelukkigheid, van wrewel en onaangename herinneringe?  Is ons?  Miskien nie, maar Hy wat ons vry gemaak het, Hy wat gesê het as ons die waarheid ken, sal die waarheid ons vry maak, in Sy krag is ons vry, want ons ken die waarheid!

Ons is vry om heel te wees, gesond, en sterk na gees, siel en liggaam.  Vry om te gee dit wat ons het om te gee.  Vry om besluite te neem, om op te tree en om veranderings en uitdagings sonder die geringste vrees te benader.  Ons is vry om onsself te wees.

Heerlik vry is ons!  Geen negatiewe gedagte of houding kan ons meer aan bande lê nie.  Diep in ons wese is die krag wat ons in staat stel om te doen en te wees dit wat ons graag wil doen en wees.  Geen doelwit is te hoog om na te streef nie, geen eise te veeleisend nie,  in hierdie heerlike vryheid wat ons s’n is in die krag van Hom wat in ons woon.


Gebed:  Ek is vry!  Loof God ek is vry!


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: