Sunday 4 December 2011





TROOS


Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ‘n blywende troos en goeie hoop gegee.  – 2 Tess. 2:16-17


Een groot uitdaging of ‘n klomp kleintjies opmekaar, mag my laat voel dat die las wat ek moet dra te groot is vir my.  En tog, hoeveel ligter sal my las nie word nie, hoe minder die smart, as ek my Heer ken op al my weë.  As ek stil word en my tot Hom wend, is Hy altyd daar – altyd gereed om die wonde te heel.  En as ek nie een tree verder kan gee nie, is dit Hy wat my dra – vir ‘n tyd sal daar net een ry spore in die sand wees.

God is my krag en my sterkte.  Hoe meer ek hierdie waarheid my eie maak, hoe sterker sal ek word in Sy krag en mag, en hoe minder sal die aanslae en teleurstellings in die lewe my onderkry.

Ek wandel in die lig van God, en as ek vandag belangrike besluite moet neem, vind ek rus in die wete dat al die wysheid wat ek nodig het, tot my beskikking is in Sy lig in my denke.

En al is alles om my hóé deurmekaar, ek sal nie daardeur meegesleur word nie, want in Sy liefde vind ek al die rus en kalmte van gees wat nodig is.


Gebed:  U liefde Heer, vertroos my en gee my krag.


~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: