Wednesday 9 January 2013





DIE  MOONTLIKE  DROOM

Vir die een wat glo, kan alles.  -  Mark. 9:23

As dit wat ek in gedagte het soms heeltemal buite my bereik skyn te wees, weier ek om moedeloos te word.  Ek het immers tog al ver gekom in die lewe.

Sommige mense mag my ‘n dromer noem, maar nou dat ek ‘n pad van lig bewandel, het ek al geleer dat ‘n mens se drome en hoop tog bewaarheid word.  En dit, weet ek, is moontlik omdat ek tot alles in staat is deur Christus wat in my woon!

EK DINK EK KAN!   As ek vir my ‘n doelwit  daarstel, dank ek heel eerste my Heer, want dit is Hy wat my die visie en insig gee om die moontlikhede wat voor my lê, raak te sien.

EK WEET EK KAN!   Die vertroue wat ek in my eie vermoëns om die doel wat ek voor oë het, te bereik, is gegrond op my geloof in Gods wysheid en krag altyd daar vir my.

EK KAN DIT DOEN!   Daar is ‘n ou gesegde wat sê dat die reis van ‘n duisend myl met een enkele tree begin, en met dié doelwit wat ek vir myself daargestel het, het ek die eerste tree geneem!

Gebed:  Ek glo, en ek  KAN  ALLES in JESUS!!

~ Uit Daelikse Woord ~