Thursday 3 January 2013






HELING

Julle gees en gedagtes moet nuut word;  lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskape is.  Ef. 4:23-24

Wat beteken dit om nuut te word?  Dit beteken om in elke opsig ‘n nuwe mens te word, na gees, siel en liggaam.  Dit beteken om deur die lewenskrag van God omskep te word in ‘n nuwe mens – om Sy lig, liefde en krag wondere te laat verrig in elke sel, elke orgaan, in my denke en in my liggaam.

Ek is ‘n kosbare kind van God, geskape deur Hom na Sy beeld, en ek lê nie hierdie grootse waarheid aan bande deur aandag te gee aan simptome of omstandighede nie.  Alle pyn, alle ongerief, dra ek in gebed op aan Hom.  Ek sien Sy lig helder in en deur my skyn, en my liggaam word, omskep in ‘n stralende tempel van lig.

In hierdie proses omvou my hele lewe in harmonie met Gods wil.  En sou genesing nie onmiddellik kom nie, sien ek dit as net nog ‘n tree op my lewensweg volgens God se wil, wat my al hoe nader na Gods troon toe lei.  My ongemak word omskep in ‘n trap van lig op my pad van lig.  Stadigaan sal ek al hoe beter voel – ek sal al hoe gelukkiger word – ‘n stralende kind van die lig, genees deur Gods nimmereindigende krag volgens sy plan en tyd!

Gebed: Gods lewenskrag hernu my!

~ Uit Daelikse Woord ~






No comments: