Saturday 5 January 2013





LEIDING


Ek sal altyd op Hom vertrou –  Hebr.  2:13


Stil en rustig is my gedagtes, vrede vul my gemoed, want ek het vanoggend stil geword en my vertroue op my Dierbare Heer gestel.  Hy het my hand saggies gevat, en vol moed en vertroue begin ek hierdie nuwe dag saam met Hom.  Hy lei my, Hy onderrig my, Hy praat met my!  Diep in my diepste binneste hoor ek Sy stem – só sag en só teer.  “Ek is die lig en die waarheid en die lewe.  Wandel in My lig vandag en Ek sal jou lei in wat wát ookal vandag jou pad mag kruis.  In My lig, My liefde en My krag het jy gekom tot hier, en Ek sal stééds daar wees vir jou só ver jy gaan!”

Met nuwe oë kyk ek nou na my hele lewe, en ek sien hoe alles altyd vir my ten goede meegewerk het, en my gebring het tot waar ek vandag in is.  Met die wonder van soveel Lig en Krag deur heel my lewe heen, word my geloof in God en die wonder van Sy werke ín my en déúr my al hoe stérker en stérker.  Sonder die geríngste twyfel of vrese, vol vertroue in die wonder van Sy werke, volg ek hierdie dag en elke dag Sy Lig en leiding, en dit is gaan goed met my hele menswees.


Gebed:  Op U stel ek AL my vertroue, Dierbare Heer!


~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: