Sunday 11 October 2015

'n Nuwe begin (2)







‘n Nuwe begin


Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees. Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare as dié waarin ons gely het, gee ons soveel jare van blydskap. - Ps. 90:14-15


In Psalm 90 peins Moses oor die feit dat mense verganklik en nietig is, maar dat God ewig is.  'n Mens is soos gras wat in die môre nog groen is wanneer dit afgsny word, maar teen die aand is dit verlep en verdroog.  Hierteenoor staan God in sy almag.  Vir Hom is duisend jaar soos ‘n enkele wagbeurt in die nag.  En hierdie almagtige God gee om vir elke klein, nietige mensekind.  Hy kom bied ons elke dag sy liefde in oorvloed aan, sodat ons ons lewe lank mag juig en bly wees oor só ‘n God. 


Ons lewe hier op aarde bestaan uit ‘n aaneenstrengeling van dae, elke nuwe dag is ‘n nuwe begin, ‘n geskenk uit God se hand.  Elke nuwe dag is vol unieke geleenthede, nuwe uitdagings en en nuwe eise.  Elke nuwe dag is God se kinders verseker van sy liefde en trou.  God gee ons ‘n nuwe kans ’n  kans om verkeerdhede reg te stel, om te werk aan ons verhoudings, om probleme die hoof te bied.


Elke nuwe dag kom bied God ons ook sy genade opnuut aan – en Hy belowe om ons sonde te vergewe as ons dit voor Hom bely. 


As alles om jou vandag donker gelyk het, mag jy moet skep.  Môre is ‘n nuwe dag.  Môre kan jy met God se krag weer nuut begin, en jou van voor af beroep op sy liefde en genade.  Wanneer dit saans donker word, mag jy seker weet dat die lig van ‘n nuwe dag weer ná die donker sal kom.  Daarom hoef jy nie moedeloos te word as dit vir jou vandag gevoel het asof God ver was nie.  Jy mag soos die psalmdigter bly glo dat Hy jou swaarkrydae sal vervang met jare van blydskap.  Daarom kan jy ten slotte saam met die psalmdigter bid: “Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe:  hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand” (Ps 90:17).



Nina Smit : As God fluister



  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com



1 comment:

RETA said...

What a lovely blogspot! Your photos are so nice - and even though I cannot understand your language, yet, I see you have posted scripture portions. Really nice!
RETA@ http://evenhaazer.blogspot.com
http://lechemtov.blogspot.com
http://emetknay.blogspot.com