Saturday 30 January 2016

Beter Self








BETER  SELF


Moenie oordeel en oor julle sal nie geoordeel word nie.  Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie.  Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.  -  Lukas 6:37


Ons kan almal die volgende nastreef:  “Ek oordeel nie ander aangaande hulle skuld of hulle onskuld nie.  Ek wend my oë na binne, en kyk hoe ek staan in die oë van my Heer.  Ek begin met my eie hervorming.”


Ek is nie daartoe in staat om die wêreld direk te verander nie maar ek kan ‘n kettingreaksie begin.  Ek begin met één mooi gedagte wat vir mý vrolik en bly maak.

Ek begin met één glimlag, één woordjie van bemoediging, één opregte woord van waardering en ek maak álmal rondom my ópgewek en blý.

Ek sien die Christus in hom of haar met wie ek *nié* op goeie voet is nie.

Ek steek ‘n hélpende hand uit na iemand wat ‘n wáre vriend nodig het.

Ek hou op om báng te wees om my výande lief te hê.

Ek beoefen vrede *binne-in* mýself.

Ek *hou op* om te óórdeel, om myself teë te sit en ek begin om Gód se *góédheid* órals om my raak te sien.


Gebed:  Ek veroordeel nie.


~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!




(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: