Monday 11 January 2016

Welkom!








Welkom!


Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde.  -  Jesaja 65:17 (OV)


“WÉLKOM!” roep ek.   “Wélkom lewe en wélkom núwe dag en week!”   Die duisternis het verdwyn en die skadus het gevlug voor die koms van híérdie *wónderskone* dag.  Álles voel núút en skóón om my – óók my hart sing sáám met die voëltjies die nuwe dag ‘n wélkomsgroet toe, en grétig wag ek op die seëninge wat Vader vándag vir mý gaan bring!


Wélkom geluk!  Wélkom blydskap!  Kom *bínne* en blý by *mý*.  Ek is kláár met kommer en sorge.  Ek is klaar met núttelose spyt.  Ek is núút – die léwe is nuut, die dág is nuut!  Ek verhéúg my in die *wonder* van Gods Lig, Liefde en Krag, wat so helder in en deur my, en in  en deur alles wat bestaan skyn.


Ek staan óp en is reg vir énige uitdaging wat op my pad mag kom.  Ek gaan ‘n wénner wees in die krag van my *éíé*  inwónende Christus, en gaan ‘n *núwe* lewe bou – ‘n lewe *vól* en *rýk*, in harmónie met GÓDS plan vir mý!


Wélkom lewe!  Wélkom nuwe dag én week!  Dánkie-dánkie-dánkie, dierbare Heer, dat ék in *híérdie* wónderlike wêreld kan lewe!


Gebed:  Wélkom lewe!  Wélkom nuwe dag én week!  Dánkie JESUS vir die *groot* voorreg om te kan lewe!!  *Wýs* my wat ek vandag vir *Ú* kan doen ...



Uit Daelikse Woord Aangepas



  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com









No comments: