Monday 11 January 2016

Gebed - Min Geloof









Vader,


U ken my so goed,  U wéét dat ek op
die oomblik so min geloof oorhet dat
dit vir my baie moeilik is om te volhard
daarin.  Alhoewel ek weet dat ek moet glo
sónder dat ek kan sien, lyk dit vir my so
onmoontlik dat U my gebede kan verhoor.
Vergewe my my kleingeloof en maak dit
vir my moontlik om in U te bly glo;  om net
nóg ‘n rukkie aan te hou, om nie voor my
probleme te swig nie;  om te volhard in my
geloof totdat U vir my ‘n duidelike antwoord
sal gee.  Dankie vir die belofte dat die mense
wat volhard tot die einde toe gered sal word.
Ek wil graag een van hulle wees Here.


Amen




Nina Smit  :  ‘n Lied van Vreugde





No comments: