Wednesday 13 January 2016

God hou jou vas








God hou jou vas 


Lees:  Psalm 63


Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my.  -  Ps. 63:9


Geen mens wil graag van ‘n ander afhanklik wees nie.  Elkeen wil *sélf* besluit wat hy met sy lewe wil doen.  Ongelukkig werk dit nie altyd so nie.  Soms gaan jy deur ervarings wat jou heeltemal reddeloos laat, wat die grond onder jou voete uitruk.  Daar is niemand wat jou kan help nie.  Jy staan heeltemal alleen.  En jy wat gewoonlik so onafhanklik is, ontdek meteens jy kan nie alleen verder nie.  Iewers sal jy hulp moet kry.


‘n Kind van God hoef egter nooit só te voel nie, want God is altyd by ons.  *Die ewige God is ‘n skuilplek, sy arms is altyd onder jou (Deut 33:27)*Al gebeur wat ook al, Hy sál jou dra en red.  Níks kan jou van sy liefde skei nie*Hiervan verseker Paulus ons in Romeine 8:38-39:  Hiervan is ek oortuig:  geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie.*


Hemelse Vader, hoe wonderlik is dit nie dat u arms altyd onder my is, dat *níks* my van u liefde kan skei nie.  Ek loof U daarvoor!


*God hou my altyd vas*




Nina Smit :  Dagboek vir die Vrou



  Jesus se Seunskind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen AL die eer!  




Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com






No comments: