Sunday 24 January 2016

Laat Los Laat GOD








Laat Los Laat GOD


Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.  -  1 Kor. 2:10


Ek word stil, diep in my diepste heligdom van Krag en daar plaas ek my na gees, siel en liggaam in die hande van GOD wat sy intrek in my hart geneem het.  Hy weet *présies* wat ek by hom kom soek, en Hy weet ook presies *wát* ek nodig het.  Hy ken my kwellinge, my hartseer en my seer – my vertroue is *vólkome* op Hóm, my Hémelvader.


Ek laat los en laat die *Lig* van die Vader my pad verhelder.  Vas vertrouend op sý wysheid volg ek die pad wat Hy my aanwys, soos dit voor my oopgaan, en ek sê dankie-dankie-dankie dierbaarste Heer – want ek weet *álles* sal nou vir my *ten goede* uitwerk!


Ek laat los en laat die liefde van die Seun my vrywaar van énige bedreiging, pyn en seer, en my omvou met ‘n *skild van liefde* wat deur niks of niemand vernietig kan word nie.


Ek laat los en laat die krag van die Heilige Gees óók *mý* krag wees, en ek staan op, *vrý en blý* en dank Hom uit die diepte van my hart, want ek wéét – GOD het oorgeneem!


Gebed:  Ek laat los en God neem oor.  Dánkie dierbaarste Heer.



~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: